Marco Botha writes for Die Burger, an Afrikaans daily in the Western Cape.
He penned the following Afrikaans piece earlier this month:
Wat van ’n bietjie begrip vir Blitse?
MARCO BOTHA (Stellenbosch)
Iemand skryf onlangs kommentaar onder ’n sewesberig op ’n webwerf en vaar uit teen die Blitsbok-breier, Paul Treu, se “onvermoë” om die beste span te kies.
“Dit is immers een van ’n nasionale afrigter se belangrikste take.”
In ’n ideale wêreld sou ’n mens met hom wou saamstem, maar sy wanbegrip van die sewesomgewing verklaar deels ondersteuners se ongeduldige reaksie op ’n teleurstellende jaar vir Blitsbok-rugby.
Suid-Afrika is in Mei verlede jaar as kampioen in die Internasionale Rugbyraad se Wêreldreeks gekroon omdat dit die beste sewesspan was wat die land tot nog toe gehad het.
Gio Aplon, Robert Ebersohn, Philip Snyman, Vuyo Zangqa, Mzwandile Stick, Mpho Mbiyozo – dit is ysters daardie wat nou vyftienman-rugby speel, of in Zangqa se geval, afrig.
’n Groot verskil tussen sewes in Suid-Afrika en in byvoorbeeld Nieu-Seeland is dat die blitskode tot onlangs hier as ’n trappie na hoër louere beskou is.
Vir die Kiwi’s is dit ’n spel vir spesialiste.
Toe van die Blitsbokke van 2008-’09 na vyftienman-rugby beweeg het, het Suid-Afrika in die daaropvolgende reeks probleme ondervind.
Former BlitzBok Gio Aplon made a successful transition to the 15-man game writes Marco Botha
Hoe vervang ’n mens ervare spelers van wêreldgehalte in minder as ’n jaar? En waar vind ’n mens spelers van gehalte as die meeste unies sewes nie werklik in nasionale belang “omarm” nie?
’n Mens vat wat jy kan kry. Dít is die werklikheid.
Al het beserings die vorige groep Blitsbokke bloots gery, was dit nie ’n span waarvan die spelers almal van wêreldgehalte was nie.
Treu het toe die beste o.18- tot o.21-spelers in die land oorweeg.
Dit is danksy vasbyters soos Frankie Horne en Kyle Brown en onervare, maar uitstekende jong spelers soos Boom Prinsloo, Cecil Afrika en Bernardo Botha dat die Blitsbokke ná die onlangse toernooie in Doebai en George darem al twee Plaat-eindstryde gewen het. En moenie die bronsmedalje op die Statebondspele vergeet nie.
Dit is reeds beter as verlede jaar – en vyf van die heel beste spelers in vanjaar se Cravenweek is ook by die Blitsbokke gekontrakteer.
Dit sal nog ’n tydjie neem voordat die hoogtes van die 2008-’09-seisoen weer bereik word.
Maar hierdie Blitsbok-groep gaan mettertyd ontwikkel tot een wat straks ’n wêreldtitel en selfs ’n Olimpiese medalje kan wen.






















No Comments
There are currently no comments on Have faith in BlitzBokke (Afrikaans). Perhaps you would like to add one of your own?