Welcome to the BlitzBokke Boom Prinsloo (Afrikaans story)

Written by Mike Jansen. Posted in Meet the BlitzBokke, Stories in the Afrikaans media

Tagged: , , , , , ,

Published on July 14, 2010 with No Comments

Marco Botha wrote the following story about the Springbok Sevens’ newest recruit Boom Prinsloo in the Afrikaans-language daily Die Burger“Boom” is the Afrikaans word for “tree” and like any of South Africa’s hardiest and strongest trees… so is Boom Prinsloo.

Boom Prinsloo (Pic: www.uv.ac.za)

Unfortunately for our international readers, the story is in Afrikaans.  For the sake of the BlitzBokke fans who didn’t read the article, we will reproduce it here:

Shimlas se Boom skiet wortel by Blitsbokke

2010-07-13 22:23

Marco Botha

Stellenbosch – Die vurige Boom Prinsloo van die Shimlas se naam is so sinoniem met hardekwas-Varsitybeker-rugby soos die Springbok Bakkies Botha s’n met tugverhore.

Gister het Prinsloo, vanjaar se uitsoekspeler in dié studentereeks, sy eerste tree hier saam met die Springbok-sewesspan gegee.

Die Blitsbokke se voorbereiding vir hul nuwe seisoen, waaronder die Statebondspele in Nieu-Delhi, Indië, in Oktober, het gister op dreef gekom.  Die nasionale breier, Paul Treu, het heelwat nuwe gesigte met kort- en langtermyndoelwitte betrek. Onder hulle tel einste Prinsloo.

Die Varsitybeker-reeks het sedert sy ontstaan in 2008 ’n stewige gros spelers vir rugby se daarnamaals opgelewer. En ondanks die Universiteit van die Vrystaat se wisselvallige vertonings in vanjaar se reeks, het Prinsloo hom weekliks op agtsteman as ’n stewige, dog ook vaardige baldraer, uitgesonder.

“Dit gebeur selde dat ’n mens ’n speler kry wat baie goed gekondisioneer is én die regte vaardighede vir sewes het,” het Treu gesê.  “Boom is een van daardie spelers, en sy naam is beslis op ons lysie vir die groep wat vir die Statebondspele oorweeg kan word.”

Sy bynaam is Boom om ander redes as sy lengte, maar fris is hy beslis – nes die gesoute Sewesbok Frankie Horn.

Treu se Suid-Afrikaanse span is in die Wêreldsewesreeks in 2009-’10 soms te lig gevind. Prinsloo bied dus op die fisieke front vir die Blitse welkome diepte.

Spoed

Wat á la Errol Tobias “spoed en nogmaals spoed” betref, kan Bernardo Botha van die Goue Leeus hom ook in die Statebond-groep bevind.  Hy is al ’n geruime tyd in Treu se planne. Maar hy oefen nog sonder ’n Springbok op sy trui – soos diegene wat nog nie in ’n amptelike wedstryd vir Suid-Afrika se Blitsbokke gespeel het nie.  Waarskynlik nie meer vir lank nie.

Met die oog op volgende jaar is ook Mark Esterhuizen, ’n bieliesenter van die Ikeys, AJ Koortzen van die Vrystaat, Lubabalo Mtembu van die o.20-Bokkies en Thom Seabela van die Blou Bulle die eerste keer ook betrek.

- Die Burger

No Comments

There are currently no comments on Welcome to the BlitzBokke Boom Prinsloo (Afrikaans story). Perhaps you would like to add one of your own?

Leave a Comment