Scanning through the online editions of the Sunday newspapers back home, I was glad to find the following story in today’s edition of KaapRapport. Unfortunately for our international readers it’s only available in Afrikaans, and after today’s loooong day watching the Adelaide Sevens at Delaney’s Irish Bar in Kowloon, I’m too nackered to even attempt to translate! Guinness is a sponsor of the Cathay Pacific/Credit Suisse Hong Kong Sevens, so what can I say… I’ll support anybody who supports Sevens rugby to the best of my “abilities“! Slainte!
Allow me to say this about the article though:
In a nutshell, the article by Avril Fielies celebrates Branco Du Preez’s road from being the child of a farm-worker in the town of George (where the SA Sevens is held) to his current life as a jet-setting Sevens rugby-player. It also tells of how this humble player is using his talent to augment his father’s income as a way of thanking his parents and of how he is planning to plough back his skills and experiences into the local community.
You’re an inspiration, Branco Du Preez.
(The original article by Avril Fielies can be found here)
Branco Du Preez (Pic: Michael Hammond Foto24 Cape)
Branco speel pad oop van Suid-Kaap tot in wêreldstede
Van plaaswerkerskind tot wêreldburger – danksy sewesrugby. Dís hoe Branco du Preez (19) se opgang in sewesrugby verloop.
Du Preez is trots op sy plaaswortels. “Ek het grootgeword op die plaas Sink se Brug buite George en my pa, Pieter, werk steeds daar.”
Hy het SWD-kleure verwerf toe hy in 2003 vir die o.13-Cravenweek- en in 2006 vir die Grant Khomo-span gekies is.
In 2007 en 2008 het hy vir die Griffons se o.18-span gespeel.
Ná matriek aan die Hoërskool PW Botha op George is hy na die rugby-akademie op Virginia in die Vrystaat. Die afgelope twee jaar is hy by die Blou Bulle gekontrakteer.
“Ek weet die mense spot altyd en sê die SWD-spelers is elke jaar by die Cravenweek op die shopping list, maar ek glo as jy die kans kry om jou talent uit te bou, hoekom nie na ’n ander provinsie skuif nie?
“My paadjie na die Suid-Afrikaanse Sewesspan het vroeër vanjaar begin toe ek vir die SA Studentespan in Singapoer uitgedraf het. Paul Treu, Sewes-afrigter, se Vipers het ook daar gespeel en hy het my genooi om die toer na Argentinië mee te maak.”
Treu het hom toe ingesluit in sy span vir die Internasionale Rugbyraad-toernooie in Las Vegas, Amerika, en Wellington, Nieu-Seeland. Hy was die afgelope naweek in Adelaide, Australië, en neem volgende week aan die toernooi in Hongkong deel.
“Toe Treu my bel, was ek verbaas en opgewonde om deel van die Blitsbokke te wees. Ek het ook geweet dat dit nou ’n nuwe ball game is en dat ek sal moet fokus op my spel.
Te jonk vir Vegas se casino’s!
“Dit was lekker om in Las Vegas te speel, maar ek moes gaan slaap terwyl die ander spelers die casino toe is. Ek was te jonk om te gaan dobbel!
“In Wellington het die senuwees geknaag, maar ná die eerste wedstryd was ek reg en het net op my spel gekonsentreer.
“Ek dink my vermoë om goed aan te val vanaf die losspel en vaste fasette het Treu beïndruk. Cecil (Afrika, spanmaat) het my baie gehelp met my spel as ’n sweeper omdat hy self in daai posisie gespeel het. Ek speel nou met meer vertroue agter die oond.
“Dis my werk om kalm te bly op die veld en te sorg dat goeie en skoon balle aan die snellers gegee word.
“As daar een aspek is van my spel waaraan ek nog moet werk, is dit my voorbereiding. Ek weet wat om te doen in ’n situasie op die veld, maar hink op twee gedagtes en dan kom ek gewoonlik tweede. Teen die All Blacks en Fidji kan jy nie sulke blapse bekostig nie en ek sal aan my besluitneming en selfvertroue moet werk.”
Sy doelwit is om so lank as moontlik in die Blitsbokke te bly en om ’n kontrak los te speel.
Sy pa het ook rugby gespeel en sy ma, Maryna, netbal.
“Met my sport kan ek dinge by die huis vir my ouers makliker maak. My bydrae kom handig te pas noudat my jonger broer, Delian (17), ook opgang maak in rugby by die Hoërskool Louis Botha in die Vrystaat.
“My pa verdien nie ’n plaas se geld nie en ek is bly dat ek sy rol as broodwinner ’n bietjie kan vergemaklik. Dis my manier om my ouers te bedank.
“Wanneer ek eendag my stewels ophang, wil ek my kennis op die plase in die George-omgewing gaan terugploeg. Daar is baie talent op plase, iemand moet net moeite doen om die juwele te gaan soek.”
Dié juwele wil hy aanmoedig om nie hul lewe op dwelms en alkohol weg te gooi nie.
avril.fielies@rapport.co.za






















No Comments
There are currently no comments on Branco in Cape Town newspaper. Perhaps you would like to add one of your own?